‘n Voorgraadse studie, nl; Die effek van Manuele Limfdreinering op die Post-Mastektomie pasiënt, het ook ‘n spesiale belangstelling gekweek in juis dié betrokke behandeling en sy het ook al as kursus aanbieder opgetree onder die titel, vir kollegas.
Oefening en gesonde leefstyl lê haar na aan die hart en dus geniet sy veral die rehabilitasie van sportbeserings of post-operatiewe rehabilitasie van diesulke beserings.
Met ‘n jong skoolgaande gesin van haar eie, besef sy die erns van korrekte oefening by jong kinders om potensiële beserings aan te spreek en te voorkom, dus is sy betrokke by skoolsport en die opleiding van afrigters in korrekte en voldoende opwarming en sportspesifieke versterking.
Haar leuse met betrekking tot die herstelproses na ‘n besering: Ons probeer die individu so gou moontlik pynvry laat terugkeer na normale aktiwiteit – sonder om noodwendig oefening in geheel te staak.
Haar boodskap aan voornemende pasiënte: Moenie wag en dink die probleem gaan vanself verbeter of verdwyn nie, inteendeel, dit raak dalk net chronies. Kry vroegtydig hulp.
|